News
Shares Info and Transactions
| Date of Last Trade | 15 September 2009 |
| Number of Shares Traded | 125,856 Ordinary Shares |
| Value of Last Trade | R 1.00 per Share |
| Total Shares Issued | 24,249,515 Ordinary Shares |
| Net Asset Value per Share as at 28 February 2009 | R 4,22 per Share |
Landbou Burger 2009
Goede Hoop Sitrus Bpk hanteer die uitdagings met groot sukses
Die vrugtebedryf het in 1998/99, ten tye van de-regulasie in die vrugtebedryf die toekoms met ‘n groot mate van onsekerheid betree. Goede Hoop Sitrus Bpk was hierop voorbereid en het dit as ’n skitterende geleentheid gesien. Op daardie stadium het Goede Hoop reeds kliënt-vriendelike en prestasie gekoppelde leweringsooreenkomste met sy produsente kliënte aangegaan.
Deel van Goede Hoop se suksesse kan daaraan toegeskryf word dat die maatskappy ’n omvangryke ondersteuningsbasis het. Daar word daarom in die algemene omgang graag na die Goede Hoop Familie verwys. Die familie bestaan uit strategiese alliansies wat oor jare gevorm is om die produsent te bevoordeel.
As aandeelhouer in APL Cartons op Worcester is Goede Hoop instrumenteel daarin om die produsent se kostes m.b.t. die grootste enkele verpakkingsuitgawe, naamlik kartonne, aktief en agressief tot voordeel van ons produsente te bestuur.
‘n Tweede “familielid” is Citrus Juices, ‘n versappingsaanleg op Citrusdal. Ook in die geval strek Goede Hoop se aandeelhouding die produsent tot voordeel ten opsigte die verwerking van sap-gehalte vrugte en die gepaardgaande prys-realisasie wat weer die inkomste per ton optimeer.
Die nuutste toevoeging tot die familie is Cape Fruit Coolers (CFC) Goede Hoop se verbintenis met CFC verseker dat die produsent kan staatmaak op verkoelingsgeriewe/dienste en standaarde van wêreldgehalte en dit teen uiters gunstige tariewe.
Ten einde bemarkingsgeleenthede en markte optimaal te benut het Goede Hoop Sitrus reeds meer as 18 jaar gelede, lank voor deregulasie, besluit om saam met ander aandeelhouers in die sagtevrugtebedryf Goede Hoop Vrugte op die been te bring. Aanvanklik het die bemarkingsmaatskappy hom op die bemarking van vrugte op die plaaslike mark toegespits. Met die deregulering van die internasionale mark was Goede Hoop Vrugte dus gereed om die groot arena te betree. Die toetrede was en is om die minste te sê, uiters suksesvol in terme van koste, diens en pryse.
Synde Goede Hoop Vrugte betrokke is by die bemarking van die totale spektrum van vrugte wat die Wes-Kaapse vrugtemandjie kan lewer kon ‘n volhoubare vennootskap met die leidende vrugtekopers wêreldwyd gebou word. Die langtermyn vennootskappe wat ‘n verskeidenheid van vrugte tipes insluit is meer as goud werd en uiteraard baat Goede Hoop Sitrus se sitrusprodusente geweldig daarby. Die feit dat Goede Hoop Vrugte ’n gevestigde handelsmerk is, goeie verhoudinge met sy kliënte handhaaf en bogemiddelde pryse realiseer is onder andere waarom die produsent soveel baat vind. Die eind-resultaat is ’n aansienlike laer kosteketting vir die produsent.
Goede Hoop Sitrus maak ook van ander uitvoerders gebruik en die maatskappy het homself oor jare sodanig geposisioneer dat sy vrugte baie gesog is by die toonaangewende en uitgesoekte kliënte.
Die maatskappy se missie is : Ons verskaf diè voorkeur bemarkings- en verpakkingsdienste aan ons belanghebbers in die sitrusbedryf, en skep welvaart deur middel van volhoubare groei en erkenning van ons waardes. Die maatskappy is oortuig daarvan dat dit slegs uitgeleef kan word indien hy finansieel sterk is, oor die regte mensemateriaal beskik en wêreldklas praktyke en tegnologie aanwend. Op die gebied presteer Goede Hoop ook puik.
Danksy die ondersteuning van sy lojale produsente-basis van meer as 100 produsente en die toepassing van streng finansiële bestuur kon die maatskappy bou aan ‘n baie gesonde balanstaat wat die maatskappy in staat stel om investerings te doen om koste te verlaag en waarde toe te voeg asook om die nodige sekuriteit aan produsente te bied.
Goede Hoop streef daarna om topgehalte mense in diens te neem en danksy ‘n ruim opleiding- en ontwikkelingsgbegroting word die bestaande kwaliteite en vaardighede van sy personeel op deurlopende basis verbeter om aan te pas met die nuwe eise wat gestel word.
Die waarde wat Goede Hoop op die bydraes van sy personeel plaas word gereflekteer in ‘n onlangse bemagtigingstransaksie waarby al die permanente personeel van Goede Hoop aandele in die maatskappy bekom het. Die resultaat hiervan is dat 21% van die maatskappy se uitgereikte aandele in die hande van sy personeel is. Die swart komponent van Goede Hoop se personeelkorps besit 15%. ‘n Bemagtingstrust besit 9% van die uitgereikte aandele. Wat swart ekonomiese bemagtiging aanbetref is Goede Hoop Sitrus dus ’n prominente leier in die bedryf.
Wat wêreldklas praktyke en tegonolgie aanbetref is Goede Hoop se rekord onoortreflik. Die vraag na spesifiek Goede Hoop Sitrus se vrugte op die internasionale markte getuig beslis hiervan. Op tegnologiese gebied is Goede Hoop sy tyd ver vooruit. Voorbeelde om die stelling te staaf sluit ondermeer in die feit dat Goede Hoop van die eerste sitrusverpakkers was om ontgroenings tegnieke toe pas. Goede Hoop is ook die voorloper met betrekking tot die suksesvolle aanwending van gevorderderde elektronika ten einde ‘n superieure produk op die mark te plaas. Ten opsigte van laasgenoemde word veral verwys na die huidige instellasie vir ingebruikneming in die 2009 seisoen van elektroniese gradeerders en sorteerders. Die feit dat die verbeteringe uit eie fondse finansier is het tot gevolg dat tariewe afgedwing word, terwyl dienslewering verhoog word.
Goede Hoop Sitrus se aktiwiteite in die sitrusbedryf sterk weier as die mikro-omgewing van Citrusdal/Clanwilliam. Behalwe dat daar ook ‘n pakhuis op Eendekuil is, Citrio Producers And Exporters (Pty) Ltd, het die maatskappy ook talle kliënte van buite die tradisionele bedieningsgebied van Citrusdal/Clanwilliam. Produsente van so ver as Moorreesburg en Riebeeck-Wes vertrou hul vrugte aan die maatskappy toe.
Weens sy omvang en vermoë om groot volumes te hanteer, meer as 107 000 ton gedurende 2009, het Goede Hoop uiteraard ook invloed in die groter nasionale sitrusbedryf en word die maatskappy as gerekende rolspeler ge-ag. Om die rede dien verteenwoordigers van die maatskappy in en op ‘n verskeidenheid van belangrike liggame en rade. Onder geld die Sitrus Kwekersvereniging (CGA), Sitrusverpakkers Forum, die Sitrus Produsente Forum, al die onderskeie varieteit forums, ensovoorts. Danksy die betrokkenheid kan Goede Hoop namens sy produsente beleidrigtings, protokolle en enige ander maatreëls wat vir die bedryf geld tot voordeel van die produsent beïnvloed.
Sy teenwoordigheid het ook al bygedra dat innoverende projekte op Citrusdal gestalte gekry het. ‘n Voorbeeld is die steriele valskodlingmot tegniek wat met groot sukses in die vallei toegepas word. Die tegniek het dit primêr ten doel om die voorkoms van valskodlingmot te elimineer. Danksy Goede Hoop se insette die projek aan die Wes-Kaap toegeken en in die vorm van Xsit (Pty) Ltd op Citrusdal gevestig. Al die inisiatiewe waarin Goede Hoop hom begewe word aan een maatstaf gemeet, te wete, wat is die voordeel wat dit vir Goede Hoop se produsent inhou.
Die nuwe tegnologiese ontwikkeling van elektroniese gradering en sortering lui ‘n nuwe tydvak by Goede Hoop Sitrus in en sal nie net bydra tot die verhoging van die netto boerdery inkomste van Goede Hoop se produsente nie, maar ook Goede Hoop in staat stel om sy visie, Ons laat die Wêreld Sitrus geniet, te laat geld.
Soos Gabrie van Eeden, Besturende Direkteur van die maatskappy, dit stel :
“Goede Hoop Sitrus se sukses kan daaraan toegeskryf word dat die maatskappy nooit platvoet staan nie, maar altyd op sy tone is ten einde die horison te bespied vir beter praktyke en metodes om die maatskappy van Goed na nog Beter te neem. Danksy ’n toegewyde en kundige personeelkorps was dit nog altyd moontlik vir die maatskappy om ’n baanbrekers-roete te volg en ’n sukses daarvan te maak”